Blog


2011-07-28
Wees versigitg waar jy jou Yorkie koop!


 

Ek het weer 'n hart verskeurende epos van 'n baie bekommerde nuwe Yorkie eienaar gekry:

27 July 2011

 

�Moontlik het jy vir my raad, ek het my Yorkie by mense gekoop, wat blykbaar Kusa geregistreerd is. Van die begin af het ek by die veearts geboer met diaree ens. Na twee weke toe kom die veearts agter sy het lintwurms, toe gaan dit goed van daar af.  Die hele naweek werk haar magie weer slap, Maandag medisyne by die veearts gekry asook 'n tonic. Haar magie is vanoggend geswel, weer veearts toe, sê ek moet haar niks kos gee die res van die dag nie en kyk of die swelling stop. Haar  magie het al twee keer goed gewerk vandag, maar die magie bly geswel. Het jy dalk raad.  As die magie nie sak nie, moet sy weer terug veearts toe, dit klink hy dink dis moontlik skade aan die organe en dat sy water op die magie het, dan sal ek haar moontlik moet laat uitsit - wat vir my baie swaar sal wees, want sy is 24 uur 'n dag by my. Het jy dalk raad? Groete�

 

Dit bewys weereens hoekom mense versigtig moet wees waar hulle, hulle Yorkie baba hondjies koop.  Vra baie vrae ... en kies jou Yorkie hondjie (en Yorkie teler) versigtig. Baie telers wat Yorkie hondjies te koop het gee nie werklik om nie!