Blog


2015-11-22
Yorkie Reuntjie of Tefie - die GROOT vraag!


REUNTJIES VS TEFIES - die groot vraag!

Meeste van my kopers soek Yorkie tefies as gevolg van die wanindruk dat tefies 'n beter temperament het, makliker opleibaar is en nie hulle area merk nie. Dit is nie waar nie en onregverdig teenoor die ou seuntjie Yorkies.  Daar is eintlik groot voordele vir beide reuntjies en tefie Yorkshire Terriers. Wanneer dit kom by jou keuse, kies die oulikste hondjie, die een wat eerste na jou toe kom, die een wat jy dink die mooiste is, die een wat die beste gaan pas by jou leefstyl en gesin – moenie vooraf sommer net die reuntjies uit skakel nie – hulle is almal pragtig.

TEFIES

In my ondervinding met die Yorkie tefies, is rustiger en luier maar ook meer temperamenteel (veral wanneer hulle op hitte is). Tefies kan met mekaar baklei maar kom oor die algemeen goed oor die weg met reuntjies. Hulle is baie liefdevol teenoor hulle eienaars en hou daarvan om baie aandag te kry.  Party tefies is geneig om skaam te wees en hulle-self eenkant te hou, veral in die geselskap van n klomp mense.  Tefies is nie baie territoriaal nie, en daarom vorm hulle soms bande met meer as een persoon in die huis.

REUNTJIES

In my ondervinding is Yorkie reuntjies is bietjie meer onafhanklik en “out-going”.  Hulle is meer spelerig en is minder temperamenteel.  Yorkie reuntjies vorm dikwels 'n hegte band met een persoon en hulle is baie lojaal. Hulle is makliker opleibaar omdat hulle plesier vind daarin om hulle eienaar tevrede te stel.  Oor die algemeen sal Yorkie reuntjies n hegte band vorm met ‘n vroulike figuur in die huis.

Op die ou end is dit n persoonlike keuse – kies die hondjie waarvan jy die meeste hou!!!  Yorkies is pragtig en n wonderlike ras – jy sal nooit weer n ander hond besit nie