Blog


2015-03-24
Kies SO 'n gesonde Yorkshire Terrier baba hondjie...


‘n Gesonde Yorkie baba hondjie het blink, sagte hare, donker neus, lippe, ooglede en helder blink ogies.  Let op na enige afskeiding uit die Yorkie puppy se neus, ore en oë ('n bietjie tranerigheid is natuurlik).  Gesonde Yorkshire Terrier puppies is spelerig, wakker, vol vertroue en gekoördineerd - maak seker dat die Yorkie hondjie nie sukkel om regop te bly nie.  Let versigtig op na enige los stoelgang of braaksel.  As die Yorkie puppy vir jou siek lyk moet hom nie huistoe neem nie.