Blog


2014-09-23
Algemene Versorg - Yorkshire Terriers


 

Yorkies – Algemene versorg

Die lang, reguit, sysagte Yorkie hare moet gereeld geborsel en goed versorg word ten einde te verseker dat die hare nie koek nie.  Hulle velle is sensitief so borsel saggies en moenie aan hulle hare trek nie.  Indien hulle gereeld geborsel word (2 x keer per week) is Yorkies nie so tydrowend as wat n mens sou dink nie.

Baie Yorkie eienaars verkies dit om hulle Yorkies se hare kort te hou - dit staan bekend as die "Yorkie summer cut of die Yorkie puppy cut" en dit kan gedoen word deur die meeste honde salonne. Yorkshire Terriers lyk kostelik in hierdie style maar dit is bietjie koud in die winter!

Dit word aanbeveel om die hare onder jou Yorkie se stert kort te hou dit sal verseker dat jy nie die onaagename taak sal he om gekoekte ongewenshede uit te was nie!

Om te verhoed dat lang hare in jou Yorkie se oë val bind dit terug met 'n rekkie of knip die kuifie.

Yorkshire Terriers eet baie min so dit is baie belangrik om n goeie kwaliteit premie kos te gee om te verseker hulle kry al die nodige voedingstowwe.

Moet nooit jou klein Yorkie sonder toesig op 'n bed of bank los nie want as hulle afspring kan hulle hulself moontlik beseer.

Maak seker dat jou erf / tuin goed beveilig is sodat jou Yorkie nie kan uitkom of gesteel word nie.

As jy 'n swembad het verseker dat dit goed beveilig is sodat jou Yorkie nie kan inval en verdrink nie. 

Hou jou Yorkshire Terrier warm - Yorkies kry baie vinnig koud - hulle pas nie goed aan in koue of nat weer nie!

Dit is belangrik dat jou Yorkie se tande ten minste 1 x per jaar deur n veearts nagegaan en skoongemaak (indien nodig) moet word.