Blog


2014-09-23
Jou Yorkie, Yorkshire Terrier se inentings


Jou Yorkshire Terrier hondjie moet sekere inentings by jou veearts kry om hom/haar te beskerm teen aansteeklike siektes. Jou Yorkie baba hondjie sal sy/haar eerste inspuiting by ons kry en daarna is dit jou verantwoordelikheid om die inenting skedule, soos voorgestel deur jou veearts streng te volg.


Die inenting wat oor die algemeen gegee word is DHPP + Corona. Dit is 'n kombinasie inenting wat beskerming bied teen verskeie siektes.


D = Hondesiekte (Distemper) is 'n hoogs aansteeklike virus. Jong hondjies is meer vatbaar vir die virus as volwasse honde. Boonste lugweg infeksie met 'n hoë koors is bekende simptome. Hierdie siekte is dikwels noodlottig.

H = Hepatitis is 'n siekte wat versprei deur kontak met die urine en ontlasting van besmette diere. Hierdie virus veroorsaak lewer-en nierskade. Simptome sluit in maar is nie beperk tot: koors, lusteloosheid, anoreksie, abdominale pyn en bloederige diarree.


P = Parainfluenza is 'n virus wat boonste lugweg infeksie veroorsaak. Besmetting word veeroorsaak deur kontak met besmette honde se nasale sekresies bv. nies.

P = Parvovirus (Katgriep) val die derm kanaal aan en veroorsaak braking en diarree. Parvo is hoogs aansteeklik. Besmetting vind plaas deur middel van kontak met 'n besmette dier se ontlasting. Sonder behandeling ontwater hondjies en is swak. Hierdie siekte is dikwels noodlottig. Hierdie virus is baie algemeen en hondjies wat nie behoorlik ingeënt is nie ly ?n groot risiko om die siekte te kry te kry.

C = Corona-virus val die ingewande stelsel van honde aan. Besmette honde ly aan braking, diarree en ontwatering. Hou jou troeteldier ingeënt en jou erf skoon vir beskerming teen die corona virus.