Blog


2013-11-08
TEACUP YORKIES


TEACUP YORKIES

Die algemene begeerte van baie mense is om 'n Yorkshire Terrier te besit wat die skaal onder 1.5kg trek op volgroeide ouderdom - dit lei tot ernstige kommer oor die gesondheid van die Yorkshire Terrier ras.

Baie voornemende Yorkie eienaars is onder n wanindruk dat daar verskeie "tipes of rasse" Yorkshire Terriers bestaan: Tea cup Yorkies, Pocket Yorkies, Miniatuur Yorkies en Standaard Yorkies - dit is heeltemal onwaar. Onverantwoordelike Yorkshire Terrier telers gebruik hierdie terme om die hoogste prys moontlik vir hulle Yorkie baba hondjies te behaal.  Wees gewaarsku dikwels verkoop hulle 'n "Pocket Yorkie" of "Teacup Yorkie" wat in meeste gevalle groter as verwag uitdraai.

Dit is belangrik om te weet dat daar net een Yorkshire Terrier ras is - die Yorkshire Terrier. Soos met meeste ander lewende wesens is daar heel eenvoudig van klein tot groot Yorkies, en meer as gereeld verskillende groottes in dieselfde werpsel. 

Die grootte van die Yorkshire Terrier het geen invloed op die Yorkie se geskiktheid as 'n troeteldier nie. Die groter Yorkies (kom ons kwantifiseer "groot" teen 3.2kg uitgegroei!) is dikwels meer geskik as troeteldiere want hulle is sterker, gesonder en hoef nie so voortdurend dopgehou en opgepas te word soos die baie klein Yorkies nie.

Dit is belangrik om u as ‘n voornemende Yorkshire Terrier eienaar in te lig dat die Kennel Unie van Suider-Afrika en ook die Yorkshire Terrier Club of America nie die benaminge toelaat of onderskei tussen Teacup Yorkies, Pocket Yorkies, Miniatuur Yorkies of Standaard Yorkies.

As 'n toekomstige Yorkie eienaar het jy nodig om te weet dat hierdie baie klein Yorkshire Terriers somtyds 'n gesondheidsrisiko is. Dink hieroor: hulle bekkies is nie groot genoeg om al die tandjies te akkommodeer nie, so hierdie "teacup en pocket" Yorkies sit dikwels met 'n dubbele ry tande wat chirurgies deur ‘n veearts verwyder moet word. Al die normale organe (hart, longe, lewer, maag, ens) moet steeds in die uiterse klein "tea cup of pocket" Yorkie liggaampie pas - dit beteken dat hierdie organe dikwels swak is en skielik kan ingee. Hierdie ekstra klein "tea cup en pocket" Yorkshire Terriers het dikwels probleme met hul bloed suiker vlakke, wat beteken dat hulle kan ly aan hipoglukemie. Ekstra klein Yorkie hondjies is meer vatbaar vir siektes en geboorte defekte. Ekstra klein Yorkies is ook meer geneig is tot diarree, braking en ekstra sorg en bekommernis is hoog op die radar tydens tandskoonmaak sessies en operasies as gevolg van hulle swak reaksie op narkose. Hierdie klein Yorkies kan hulle self ook makliker beseer deur van banke af te spring, opgetrap of opgesit word of deur ander honde beseer word.

As 'n verantwoordelike Yorkshire Terrier teler is ons doel nie om hierdie ekstra klein Yorkshire Terrier hondjies te teel nie. Alhoewel ons wel sulke klein Yorkie hondjies beskikbaar het is hulle hoë-risiko en ons sal hulle net laat gaan na n uiters geskikte huis.