Blog


2011-11-27
Yorkies - ideaal vir mense met allergiee?


Yorkies verloor nie rerig hare nie. Hulle hare vat bietjie moeite om te onderhou maar is meesal ideaal vir mense wat allergies is. Soos enige persoon of dier verloor Yorkies wel 'n klein hoeveelheid hare maar omtrent niks. Om hierdie rede word Yorkshire Terriers beskou as n goeie keuse vir allergie-lyers.  Let op dat allergieë wel wissel van persoon tot persoon so dit is 'n goeie idee om eers 'n Yorkie te besoek om te sien of jy is allergies, voordat jy vir jou enetjie koop.